die woorde ontwyk my soms
ek begin al my gedigte op dieselfde trant
liefde, vergifnis en hartseer
dis asof ek geen diepte het binne in my nie
asof ek aan mekaar geweef is van
nuttelose romantiek
die woorde ontwyk my as my keel toetrek
in jou nabyheid
wanneer die gemis teveel raak
wanneer ek onthou hoekom
wanneer ek myself herinner dat ek gelukkig moet wees
want ek is begenadig
die moed ontwyk my
wanneer ek wil ophou moedeloos wees
en sterk staan
wanneer die wind aan my wilskrag trek
die woorde ontwyk my
nogal gereeld
veral naby jou
dan glimlag ek maar en onthou
ek is begenadig
Lola Sanchez
http://www.poemhunter.com/poem/afrikaans-die-woorde-ontwyk-my/